Hier wil ek …
Hiér wil ek …
die mooiste rooiste roos
vir jou kom plant
hiér
waar die aarde in skeure
en krake oopvou van berou
hiér
waar die kranse die eggo’s
van die watervalle
in hul harte toevou
hiér
waar die horison se pels
in pêrel-pienk onskuld
aan die hemel klou
hiér
wil ek jou naam
vir ewig skryf
op die lewenslyn
van die aarde se hand
hier
wil
ek …
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)
[SILWER]
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek