gebed
“bid, en vir julle sal gegee word”
dou voordag bid hy op sy knieë
laat aand kom hul bymekaar en Hy bid
deur die dag gaan skiet-gebede op
“soek en julle sal vind”
elke dag soek hy na die “vrede”
met elke gelykenis het Hy daaroor vertel
aanhouer wen, en sal uiteindelik vind
“jy moet jou vyand lief hê”
byna daagliks word boere vermoor
geen sonde of onreg gaan by Hom verby nie
hy bid, dat die vyand se arm verbreek word
“Amen”
sy geloof het hom gered
Hy sal jou nooit vergeet nie
hy buig in nederige gebed
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.