soeter
soeter as heuning
is die veld se antwoord
op gereelde reën wat daar val
soeter as heuning is die nektar
van die weskus fynbos veld
lieflik is die kelk blare
van die blomme wat oopmaak
eers geel, dan wit en pers
omsoom met ryke groen
die blomme rykdom
helder die vrolike stemme
van mens en dier wat die kleure
in miljoene reënboog kleure
afneem, kyk en geniet
verdwyn en verdroog
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.