Jongste aktiwiteit:

hipotese van lewe by die see

 

 

in die wind van November

op die koue see met snoek

met die gevaar van misbanke

tot vreugdevolle aflaai op die kaai

 

veranderende elemente is altyd daar

as weer nie verander nie dan bly dit soos dit is

so is die mens van kind tot adolessent, tot grootmens

altyd deel van kultuur en tog deel van anders wees

 

elkeen strewe na volmaak wees, sukses wink, tot ambisie

vele struikel en verwerp alles omdat hul struikel en val

alleen wees, self ontwikkel, individialisme seëvier

tog is daar ruimte in spanwerk, saamdoen en juig

 

in die koue van selfbejammering

lê die oplossing in liefdevolle omarming

loop die snoek nog nie, wag ons vir die wind

dit sal ons vertel wanneer rykdom wink

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed