Sonsit (Goud)
wat is nou so lekker
soos ‘n sonsit in die son
as die wit ryp die miere
soos ‘n sneeustorm kom pla
en ‘n fluitende vriesbriesie
die koudgeid deur jou dra
dan lok jy die son ‘n hoekie in
wat die winterwind verskans
en sit net daar en bak jou lyf
soos ‘n dassie op ‘n krans
sonsit kos nie geld nie
almal kan daarop roem
dis tog immers wat die rykes
op hul duur seiljagte doen
of jy sonsit op jou eiland
of voor jou plakkershut
die hitte wat ‘n sonstraal bring
kry jy sonder om te bid.
dit sê nie dis verniet nie
want die son se brand is duur
energie kos mos nie min nie
en die son bestaan uit vuur
maar dis ons geskenk van bo
ons gratis dagligbron
so dankie moet jy altyd sê
vir jou sonsit in die son
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek