Jongste aktiwiteit:

Asem

in my eensame woud
van vuilgeel bruin en gekulde groen
was blare wat val
die tapyt van verlange

jou oë was die som van die dageraad
jou hare vertolk die melodie van die wind
jou glimlag soos die omgekeerde reenboog
en die melkweg het jou siel getooi

jou stap was kleur op my skilderdoek
die kwas was oorbodig
ons hande was genoeg
al swaaiende waaiende baaiende

jy dikteer my seisoene
kleurvol stylvol vrugtevol
om in die wieke van die wind
te sweef in die blouland van ons liefde

© Francois Meyer (vir my vrou Jessica)




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed