Jongste aktiwiteit:

Gat Gety

sekondes sekondeer sekerheid
van tyd tye en tuie
gulsige suip teue wat
mistig teer op die donker
van onsekere tuimelvalle van bestaan

mistrane uit misvormde misverstande
versuip in die valse sproei van wit
ongekend in die diepte van spyt
stoei kragdadig dom teen golwende lig
onstuimig in mislukte depressie

stuit die kookpot van wanhoop
grypswem na die gety van lig
borsslag vryslag suipslag
‘n swem is ‘n wen
en die donderende water laat jou skater

rustig raak die water
dieper in die gety van lig
soet die beloftes van lewe
sout bly sout
en probeer is die beste geweer

© Francois Meyer

 




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed