hoe gaan dit ?
“okey dankie”
groet sonder snoet
vra sonder bedoel
leef sonder gevoel
ant
woorde nie belangrik
onvoltooide kommunikasie
net om iets te sê, lastige stilte
te onderbreek met dooie klanke
hoe gaan dit met jou – kyk dan weg
gaan aan asof daar niks meer bestaan
ons lewe in niksseggende wêreld gewis
een lewe wat belangrik is – die ék
soms dink ek daaroor: dit is gek
hierdie wêreld is mos ‘n plek
plek of tuiste vir verhewe
intelligente wesens
van beter moet
weet-wesens
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.