
Hommel Bloed
in oop veld
met vaal bossie hare
flits ń beweging hoog
bloed ongesien in beheer.
oë sonder senuwee
stort ń olie traan
in fraksie moment is
hand kontrole waardeloos.
baas storm verwaard,
eie waarde te herwin
in die robot hart
wat bib bib in die sand.
die dood van elektronika
flikker met rooi oë
in ń stukkie plastiek
bloed stol in sy bors.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.