Jongste aktiwiteit:

Huisbou

die argitek meet

van hoek tot kant
dak na fondasie vlak
en bepaal die korrekte skaal

die bouer staar

soek kortpad om elke hoek
bevraagteken die argitekplan
en baklei oor boumetodes

die klient frons


bevraagteken die bouplan
hersien die beramings
maar staanvas by die argitekplan

dié drie stry

oor drome en die praktyk
al wat lekker vloei
is hul taai sweet

so lê ons gebou
ongedaan en wag
tussen beplan en werk
as dié dagtaak

© Koos Elsum

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed