Jou neus my besigheid
Jou neus, my besigheid
Deur: Ryno du Plessis
Soos ’n kameeldoringwortel, soekend na water diep onder die grond.
Jou neus rus in almal se besigheid. Met verbeelding so ryk, skets jy ’n prent oor jou waaheid.
In jou is daar geen egtheid, net ’n neus wat alles wil manipuleer.
Jou gladde tong publiseer jou skets van die waarheid, terwyl die egte waarheid ’n stil dood sterf.
© 2026 Ryno du Plessis. Alle regte voorbehou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.