Net jy
Die sproei,
van seeskuim op jou wang…
‘n Bries,
wat jou jou rok skalks laat vang…
Die geruis,
van branders op my oor…
Jou gelag.
‘n malse liefdeskoor…
Staan ek verstom,
oor wat die dag kan bring…
in innerlike voeding,
so ongevraagd en onverdiend…
die lewe en die liefde,
omskulp in see en sand
© F Jansen van Vuuren
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Baie mooi