jy of ek (my gesin)
deur newels van donker nag
sweef daar suspisieuse geluide
sagte breek van glas of slot
stil staan ek op, reik na my geweer
dan storm drie skaduwees op my af
met pangas en handwapens wat blits
een tref my in die been en ek ruk
dan trek my vinger die sneller
strepe lopers in blink vlam
omhul die skaduwees
dan word dit stil
êrens tjank my hond
iewers praat stemme histeries
maar my oë bly gerig op die stille skaduwees
waarvandaan hul gekom het, sal net hulle weet
daar kan nie veel lig wees by hul herkoms
want hul het gekom met hul enigste doel
om moord en doodslag te kom uitdeel
sodat ons mense nog meer
vreesbevange moet leef
maklik is dit nie
om lewe te neem nie
maar wanneer jy my laat kies
tussen jou en my vrou en kinders
gaan jy heeltyd tweede kom
dit is nie tyd om op te staan teen ‘n niksseggende regering nie
dit is tyd om jou God-gegewe reg om jouself te verdedig
ernstig en presies op te neem.
©Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.