Jongste aktiwiteit:

Kameeldoringboom

O statige Kameeldoringreus
met jou majestueuse magtige arms
wyd en oneindig, die niet in gesprei
met jou blare ʼn skadu-reën verleen
uitweg van moorddadige sonnestraal

Knus in jou kragtige arms
skuil versamelvoël gesange
jou skurwebas se donker gange
verborge hou talryk beskeie lewe
skarrel hul deur kraak en skeure

wie is daar wat jou liefde gee
die waterdruppel op jou tong
teen versengende hitte bied
wie is Hy wat jou geplant
jou seer verstaan, jou lewe gee

Net Hy wat jou geskep, gevorm en gemaak
huil saam in die skadu van hierdie sondige land
waar mense hand, Eden omskep in diepe smart
die vrede van die liefdes Eden tuin jou beskore
jou vir ewig nie beskore, net pyn en uiteintlik dood




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed