aan jou my jongste seun…
opgedra aan my jongste..Duncan
gebore uit hartsverlang gebede
seuntjiekind ouerharte vol vrede
7 jaar vir jou gewag
appelwang bruinoog vol lag
liefielyfie wat drukkies uitdeel
roosbek wat natsoentjies steel
bottels vol goggas, klouter soos kees
mag die lewe jou genadig wees
sagte siel, ope gees
sien jy goed wat ander vrees
praat jy soms engele-tale
met lewelose dinge aan’t dwale
mannetjieskind van my
blondekop dimpelwang is jy
transformeer van seuntjie na man
poetsbakker as jy kan
graad 11 het ek ‘n donkerte gesien daal
het jy grondpad gevat en saggies verdwaal
iets het jou oogvonkel gesteel
niks meer vreugde gedeel
jou passievolle gees was verniel
permanente hartseer siel
stukkend gesny deur depressie
met tandknersende agressie
sielkundige en psigiatriese berading
rewire hulle jou bedrading
met ‘n handvol pille teen die pyn
begin jou lig weer te skyn
toe probeer die donkerte weer
in ‘n ongeluk kry jy seer
ons biddend voor jou bed
en God het jou gered
my kind, ons het jou afgebid
so ook vir engele op jou lewensrit
met trots kyk en na jou
en die lewe wat jy besig is om te bou
jy is die ritme van genade
standvastig is jou lewensdade
bid ek vir jou ‘n Godsvrou en nageslag
en ‘n altyd suksesvolle jag
©Carin Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.