gedag-gedog-gedrog
douvoordag se drome raakgevatte nagmerries wat gallop en baljaar op ouveld se jaar diep het diė dag gesetel oneindig dieper as diepste geheuepatrone wat herwin en win en wan tot stof sal stof nooit gaan lê nie elke nuwe wind dit oprakel opstu in my gebrakelde nou, van vandag stap […]
nektar
na eerste reën ingesak het verskyn die mooiste trosse wit blomme oral teen die rante van ons mooi land pryk dit fotograwe kom van heinde en verre om dit te sien maar hulle hou ‘n veilige afstand daarvan weg omdat, uit die mooiste wit blomme se nektar kom die aakligste reuke aan op […]
trots
hy is trots op sy herkoms waar trots heers val DNA plat trots is nie altyd hovaardig nie trots gaan nie noodwendig saam met hoë status nie gaan dikwels ook nie saam met rykdom nie trots kan egter ook voor-op-die-wa beteken om trots te wees op jouself, jou kinders wederhelfte en familie is […]
Onthou (Klas silwer: Desember oop projek)
Onthou ek onthou deesdae maar sleg seker maar oor my oorsaaklike verval tydens hierdie taktlose tydsinterval van veselverwering en verstandsbeleg ek raak boonop ook gou boekbabelaas met my yl woordweefsels wat skielik stop dis ‘n gesukkel om rym en vers te laat klop dus volg ek ‘n ongewone trant helaas want my onthou […]
siklus
vandag se saad is mōre se koring in die Swartland se baarmoeder lê jy saggies maar seker ontvou jou eerste lewe dring dit deur die dorre kors nab owe wag dit op die reëndruppels wat lewegewend opdaag om jou barendsnood te verlig en saad in groen welige koringplante te verweef terloops groei jy […]
Ter aarde bestellings (Silwer klas November/ Desember oop projek)
Ter aarde bestellings want eintlik maar net veronderstel is om sombere samedrommngs van familie en vriende en aangeweefdes te wees maar met koek en tee en samoosas wordend geleenthede van gemeenskaplike groetbrigades van lofpsalms en hallelujas en amens oor vervaldes wat ek hoegenaamd nie eien aan die hordes hiperboliese himnes nie wat my altoos bring […]
Repliek Oop projek klas silwer November/Desember
Repliek gister se goed geankerde fondamente van ons bronsbakens bonkig en blink en klepels van kerkklokke wat in afrikaans koorlik klink dit is net artefakte nou wat doelloos draal deur die droewe driwwe van die vier en veertig dissidente ja, die kopdoek korps van die kapsie kultuur wat ons vasspyker teen hul presumasiemuur ons betaal […]
diskant
duskant my duin staan wit huisies altyd spierwit en mooi skoon effetuintjies groei groen seegeluide spoel rieël daarom klanke diskant geluide teen agtergrond van koraal klankhelder in bostem sopraan sing van vreugde en geluk in die warm weskus son golwe getooi in bas meeue in diskant maak my duin ‘n simfonie © […]