Namib kombersie
Namib kombersie Die geluid van klik-klak van treine,stastie tot stasie vol bagasie het gegly oor jou eens yster stawe. Vandag lê jy half begrawe onder die Namib kombersie Ryno du plessis
Staal van klei
Staal van klei Hart van staal is hoe mense jou ken, houe tref van alle kante, staande het jy gebly Min het geweet, n hart van klei, nat van trane in die storm. Winde het gewaai, niemand kon dit raai. Stukkies klei het veränder terug na grys stof van die aarde. Ryno du Plessis
Weelde se bedel
Weelde se bedel Die smaak van geld het ek geproe, die lewe van weelde het ek geken. Hoër as my vlerkspan het ek gevlieg.Groter as God het ek gekies. Vandag smeek ek, net n broodjie en genade liewe Heer,my foute is buite beheer. Ryno du Plessis
Lig van môre
Lig van more, waar is jou tuiste? Wanneer kom groet jy weer? Gister Se donker het kom intrek maak.Hoop het opgepak, lag het verdwyn.kommer loop deur die strate.. Tot jou koms, sal ek dans in die wind, musiek maak tot jy my kan hoor, Bring tog net ñ bietjie strale saam wanneer jy weer sou […]
Randomtalie in my kop
My kop ry rondomtalie, my hart spring soos n wilde perd. Emosies jaag my die vlak vol, los my weer by die begin…Waarheen nou. Golwe slaan hoog teen my skuit en die storm bedaar nie. Die lewe is n lied vir die wat kan sing, vir ander ñ wedstryd.. Tog is alles een groot skildery. […]
Skepe van gister
Skepe van gister Skepe van gister vertel hul eie verhaal, los n gedagte van verwondering oor wat was, die storie agter die eens lewe. Storm winde, het gewaai, die keer was daar geen beheer, geen `aanhou,geen hoop. Tog het elke wrak n verhaal,van skip tot mens, elk het ń storie agter die laaste storm. ń Gesiene […]
Eerste lig (Goud)
elke jaar kom lê soos ’n skoon dagboek voor my, bladsye bleekwit, wagtend vir my hand soms skryf ek, soms krap of teken ek – inkleur ek wat skeef begin, versier wat myne wil wees vroeë oggendlig verdryf die donker, skadu’s smelt voor weerbegin ’n geleentheid aan my gegun om my lewensverhaal weer oor te […]