Kalmte en Rus
Geskryf, gekomponeer en gesing deur LadySoul Album 4Sy Grootheid Volume 1
Beurende dennewoud
Jou asem jou woorde… my groen vallei van verweefde dennewoud Soos ‘n boot in ‘n stil woestyn wat seil oor ‘n golwende duin ankerloos gaan lӗ in die holtes van spoelsand waar die asem van die wind in stiltes van woorde gaan lӗ
aquarius
Die Nuwe Wêreld Orde 1992 outannie bybelstudie teepartytjies maak oorlog die vyand word agter elke bossie uitgesnuffel demone word vreesloos bestraf beveel en besweer soos een man sal ons die bose in sy spore stuit terwyl in sunnyside die ysgodinne van pretoria in netjies gemeubileerde woonstelletjies die duiwel aanbid wat hulle aanhou in ‘n klein […]
Sysoen
In die skemer van my somer bloei ‘n najaarsblom soet, ek ein haar gees as dromer in die herfs van ons gemoed. Haar saad skiet loot in lente en die bloeisel bot soet, sy dra haar kroon in segmente as helder vere in haar hoed. Ons beide ken die winter kou’ wanneer wortels diep groei, […]
Rose pienk en Jakarandas pers
rose pienk en jakarandas pers ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn van lelies geel soos die son se skyn malvas bloei steeds in die bloedste rooi dis die swartoognooi wat flikkers gooi oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen en die muurblom wat so […]
Ek Is Lief
Ek is lief — Ek is lief vir die lewe, ek is lief vir my familie en vriende, ek is lief vir al die seisoene en verwelkom lente, somer , herfs en winter na eie aard want ek ken die lang uitmergelende droogtes met stompgevrete twagraspolle en die uitbundige vreugde van goeie reënjare se wuiwende […]
Klankloos
‘n Reier bly roerloos staan onder die bleekwit maan vormlose skadu’s kring wydsbeen om hom heen Kaalvoet dans die wind onder die winter sterre en op ‘n mank been huppel hy stoksiel alleen Staar ek na my drome in die hede in die verlede en voel hoe jy in die stiltes van my hart se […]
Sommer só ~ liefde
Wat sal ‘n mens van die liefde sê – so ongevraag kom dit somtyds oor jou pad. Só sonder dat jy daarna soek. En weet jy wat? Ek het jou lief gekry, half onwillig en so effens teen my sin. Daar was net iets aan jou íéts aan jou manier van wéés wat dit maklik […]
Om doof te word
Die oog word nou my oor om dolgraag te wil hoor en ek lees jou woorde oor jou lippe knars soos ysterwiele stamp oor klippe want die hoor spat stom vir my verby uitgenome klank wat my van doof bevry. Ag, hoe het ek nie al prober om iets verbaal uit stom te leer want […]
Vreemde weë
Met Kersfees op hande, het die manne gedink, versterk hul ou bande deur ’n glasie te klink. Hulle skink elk hul glasie so ’n viervingersvol vir ‘kommunikasie’ en om lekker te jol! Hul suip later vrééslik en die vrouens kry skaam want hul gedra hul skoon beeslik –die hele klomp saam. Die vrouens stress dikbêk, […]