My Liedjie
My Liedjie Ek hang my liedjie aan die wag ‘n bietjie bos en los my wrok, liefde en skok en bloc met bekorings en verskonings gelaksman aan sy spyker haakdorings tydsaam pynlik af te pik en verteer,elk korrel ‘n strik— Janetta – Helena [Babs] ©
Poësie in die kubermark: ´n verhandeling oor die ligitimiteit daarvan.
Ek behoort een vraag te vra, en dan poog om dit te beantwoord. Het die sosiale forums tot die kwaliteit van poësie bygedra, of net die deur oopgemaak vir ´n aanlyn talentsoek operasie waar vriende vir mekaar lieg oor kwaliteit en waarde? Ek waak ook daarteen om té omslagtig te redeneer, maar skuld dit aan […]
Trekpad 2
Trekpad (2) Ek, Janetta-Helena, was na die era van die ossewa by die donkiewa en perdewa die spoggerige perdekapkar en die donkiekapkar. Ek het op almal gery maar wou nooit die leisels hou, ons was altyd agterop die karet beentjies swaaiend vir die pret! Die smalwiel ou motortjies was swetend geslingerdraai hoes en proes eindelik […]
DIE KOSBLIK
Uit die kombuis hoor sy hoe fluit hy die bekende deuntjie. Hy doen dit altyd, waarmee hy ook al doenig is. Nes sy oupa ook altyd gedoen het. Fanja stap saggies nader om te sien waarmee hy nou weer besig is. En dit so vroeg in die môre op ’n dag waarop al die kinders […]
Tralie-Liefde
Tralie-Liefde Draaiende maalkolk van verstrengelde gedagtes – Dis die toestand waarin jy my gelaat het. Elke nag in my drome sien ek twee poele groen-bruin oë – Altyd dansend van lewenslus. Koue winterlug sny deur my en bring tog steeds herinneringe terug. Gebrande winter-grasvelde: Ironies dat ons liefde by die dooie seisoen moes begin. Eerste […]
DONDERDAG: Wie het dít gesê?
DONDERDAG: Wie het dít gesê? As en wanneer ek sulke „Wysheidspêrels” aantref, plaas ek my hand eers oor die naam van die mens wat dit gesê of geskryf het. Soms raai ek taamlik raak. Meestens mis ek nie net die kol nie, maar die papier waarop die teiken geteken is! Hoesit nou met hierdie een? […]
GEROESTE KETTINGS
Roep die bosduiwe my vanuit hul tak motelle in die bosveld roes die stad se kettings om my enkels weg en staan naak neutebome verlate in boorde waar tyd se uurglas stil gaan staan het en waterpype droog gebloei lê in die son Die aandster lei my soos ‘n blinde weg van die stad se […]
My Wintermaan (Ruminasie)
Die bouvalgeraamte het my siel genaak toe ek baie jare later wou gaan groet want ek wou graag dat kindertyd weer waar moes raak. Maar die waenhuisdak is lankal kaal gestroop en waar toentertyd ‘n deur en venster was gaap gitte-donker waar nou net spoke loop. Die ou suurkaree -deur bliksems raakgeslaan dra rumatiekverkrom nog […]
Trekpad
Trekpad (1) Janetta –Helena, so vernoem na my ouma. Ek leun peinsend terug met die vrag op my rug jarelank maar so saamgedra en met wat in sal jy tereg vra— Foto – droomalbums uit die ver verlede maar baie was nog hier kort gelede— Ook by ou verlate plaasopstal stedes hoor jy werflangs nog […]