My dagboek oor jou (4)
Alles is grys vandag. Die lug, die wolke, selfs die bome. Grys soos dit in my hart voel. Dis asof ek vanoggend nie een sonkolletjie kry om na te kyk nie. En dan waai die wind ook nog. Die bome is ook glad nie ingenome met die wind nie, want hulle verloor blare. En kort […]
Sikspens-liefde …
jy gee my ‘n hart-sikspens om my geluk te koop met my blou kitaar oor my skouer sal ek die pad kaalvoet loop daar’s klippe onder my voete maar ‘n reënboog in my hart want in die toksak op my skouer het jy jou hart vir my gepak ©
Skoolkys
Skoolkys Ek het jou gelos tussen dagboek blaaie – Die kere wat jy vir my roomys gekoop het, my gehelp het om die hek voor ons huis oop te kry voor die reenbui losbars, en selfs toe jy my skamerig oor die telefoon die kys gevra het. Nou staan jy skielik weer voor my en […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 10
Kas skakel eers Stefan se prokureur en reël met hom dat hy by is met sy besoek aan Stefan in die selle. Murray wou eers nie maar toe Kas hom meedeel dat daar nuwe getuienis is wat hulle dalk kan laat oorweeg om n verklaring af te lê stem Murray in. Toe hulle in die […]
Alles Is Wel
Alles Is Wel Ek sit op die heuweltjie en tuur oor die geelryp koringland weids soos ‘n deinende savannesee en die briesie dit liggies eenkant toe glad stryk soos hare wat gekam is— Waar is jou begin briesie , en waar gaan jy eindig? Rustig laat golf jy die koringare in ‘n ligte deining maar […]
Voor die skeiding
Lank terug, met eerste lig was die septer nog net tong sonder die skaad van kleur en pigment landklip en seenat semper priem as net ´n enkeleen; dit was toe reeds in oomblikke voor die skeiding wat ek jou knus in my toe kon vou. Hier vibreer jy almaardeur die oggend én aande van my […]
Die uil en die skoppensboer
Deborah het voor al die ander inwoners geweet dat daar dié aand weer ‘n uil op pad is. ‘n Mens se lewe bestaan tog net uit twee tye: voor die uile kom en ná hulle gekom het. Party se uile is altyd naby en sweef geruisloos saam met hulle deur die leed van die lewe […]
Verlange wat bloei
Volmaan, liewe volmaan jy seil so langsaam deur die awendwolke heen soos ‘n groot verlore bal alleen Plek-plek soos die wolke trek splinter die lig sag deur die bleekwit stilte van die nag Waggel…steier drome verstrooid oor die grond en lӗ nes dooie blare oral rond
Sy
Ek het van my twintigs af, ʼn prentjie in my kop gekry, toe ek vrouwees en God beter probeer verstaan. Noukeurig het God sy tyd gebruik toe hy Adam geskape het. Adam is met kundigheid beplan, tot perfeksie afgerond en in liefde geskape. Hy het hom so gekyk…die man…en die diere en al Sy skeppings, […]
Hi Ingrid
Hi Ingrid Ek wonder baie of jy bang was vir die pikswart see, daai nag. Ek wonder baie of jy koud was en wou omdraai terug na jou.. woorde toe. Ek wonder of jy agter gekom het dat jou trane dieselfde proe as die salpeter van die pikswart see. Ek wonder hoe seer jou binneste […]