Skoolkys
Skoolkys
Ek het jou gelos tussen dagboek blaaie –
Die kere wat jy vir my roomys gekoop het,
my gehelp het om die hek voor ons huis
oop te kry voor die reenbui losbars,
en selfs toe jy my skamerig oor die telefoon die kys gevra het.
Nou staan jy skielik weer voor my
en dis of jy weer vir my knipoog soos jare gelede.
Die jare fladder weg soos blare
wat deur ‘n herfswind geskep word.
Weg, weg, weg…
En ons is weer soos twee sorglose kinders –
Verblind deur ons verliefdheid,
net die keer is ons liefde vir ‘n leeftyd..
2 Kommentare
-
Viooltjie
Dis pragtig. Ek hou baie hiervan. :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Pragtig ... 'n gunsteling vir my.