Tralie-Liefde
Tralie-Liefde
Draaiende maalkolk van verstrengelde gedagtes –
Dis die toestand waarin jy my gelaat het.
Elke nag in my drome sien ek twee poele groen-bruin oë –
Altyd dansend van lewenslus.
Koue winterlug sny deur my en bring tog steeds
herinneringe terug.
Gebrande winter-grasvelde:
Ironies dat ons liefde by die dooie seisoen moes begin.
Eerste liefde, seerste liefde,
‘n Stukkie van my hart sal altyd in die tronk
Van jou teer, seerkry liefde bly.
2 Kommentare
-
Eduard Smith
Keurig. Let net op die gebruik van hoofletters in nuwe sinne wat nie deur leestekens voorafgegaan word nie. Ek hou jou werk dop. :)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi geskryf