liefde (silwer)
liefde ’n sagte kus wanneer ek my kop teen jou skouer rus ©Hester Steenkamp
bibliofiel (silwer)
bibliofiel Afrikaans is ’n biblioteek en ek is mal oor lees ©Hester Steenkamp
Waarheen? (Goud)
waar kom ek vandaan en waarheen sal ek gaan ek kom uit moederskoot en gaan reguit na die dood
Spore van ‘n mens (Goud)
trek jou omgeebaadjie aan en loop in die spore van ‘n mens spreek met dankies op jou tong en gee met goedheid in jou wens
Stem in die wind
selfs in die ritsel van die wind sal ek U stem hoor (C) Jessica Venter 25/10/2023
VERLANG
VERLANG Vanaand mis ek jou so en wens dat ons weer daar kan wees waar als wat kon weer waar kan wees.
Tiktok (Silwer)
Tiktok tiktok tiktok klink die grootvaderklok tiktok, tot die laaste uur.
Dis al (Silwer)
Dis jy, dis ek, dis al.
Soekende oë
kom loop nou saam met my dan wys ek jou waar om die suiderkruis te kry en wanneer die maan kil na jou kyk weet net jou môre gaan anders lyk (c) Emsa Haasbroek
Donkerste uur
in jou donkerste uur wanneer jy mistroostig na my kyk sal ek jou dra deur jou winters kom vat net my hand dan sal jy staande bly ©️Emsa Haasbroek