Hartseer
In die lug dryf ‘n lied, Van hart breek verdriet, Dis iemand wat treur, Oor ‘n alleen hart se seer.
treurwilger Goud
wilgertakke treur oor my verlang amanda dm
Verlange Goud
my verlange kleingolf in die rippelbreek van die meer amanda dm
Verdriet
Alleen sit sy nou In die knaende kou, En treur oor dinge wat sy wou. ©RholienNel2023
Plaasoudisie
Na die oggendroep van Tarentaal klink Hadida skoon musikaal
lit
die lit is lid van my liggaam wat dit beaam ©Teárlach
Daantjie Dinamiet.
Ons almal verloor soms ons humeur. Vir party vat dit net bietjie langer om te ontplof. Dit laat dink my aan ‘n spesifieke oom; Daantjie Dinamiet. Sy van was Nel, maar almal het hom geken as Daantjie Dinamiet. Hy was ‘n man met ‘n groot hart, maar met ‘n kort lont! Ek onthou nog die […]
‘n Kortsluiting.
Ek wonder baie oor ‘n kort humeur. Dit laat my dink: het jy al opgemerk dat ‘n kort humeur soos wifi werk? Hoe nader jy aan die bron kom, hoe sterker is die sein. As daardie bron gekoppel word aan ‘n honger maag, raak dit ‘n noodsein! Ek het agtergekom dat ‘n heerlike sny brood […]
blitsliefde (SILWER)
met min liefdes-woorde skryf ek vir jou snel-akoorde soos ‘n bliksemstraal in liefde se taal … ©MarleneErasmus 12/10/2023
flitsdrome (SILWER)
in stille nag fluister die wind sag drome in vlug, liefde is in die lug ©MarleneErasmus 11/10/2023