Klein mensies, groot uitdagings
(Woordtelling : 396) Sneeuwitjie en haar sewe dwergies was seker die eerste keer wat ek bewus geword het dat daar besonderse klein mensies iewers in die samelewing versteek is. Behalwe dat hulle besonders klein van statuur is, het nie almal ‘n opsigtelike gebrek nie en die oorgrote meerderheid is verstandelik heeltemal normal. Die rede […]
S.O.S (silwer)
My lewe is ‘n legkaart elke deeltjie pas perfek net een klein stukkie is nie daar in daardie stuk, is ék … ©️Elize Kruger
Die Mistige Waarskuwing.
Die dag het uiteindelik aangebreek! Die son het soos warm goud oor die horison opgekom terwyl ek in my motor klim. Ek het maande aan hierdie welverdiende vakansie beplan en kan byna nie glo dat ek op pad is na die rustige dorpie, Aurora nie. Die dorp is die tuiste van ‘n klein, ongerepte gemeenskap […]
Wie is die kortste?
Wie is die kortste? As mens dink aan rekords, kom Die Guinness World Records dadelik by jou op. Die Guinness World Records word jaarliks gepubliseer. Hierin kan jy ‘n wye verskeidenheid van wêreldrekords vind. Dit sluit menslike prestasie asook natuurverwante verskynsels in. In hierdie boek kan jy verskeie rekords vind soos byvoorbeeld, die oudste, vinnigste, […]
HEILIGE SAKRAMENT
HEILIGE SAKRAMENT Fanus Strydom 850 woorde Pa smyt vies die koerant voor sy voete neer. Hy skop verontwaardig na die voorblad met sy verband-toegedraaide voet. Die gebreekte groottoon klop weer erg aan sy gewonde ego en swaar gemoed. “Dis als jou skuld,” sê hy vies in my rigting en soek opnuut na rede […]
Die kortste humeur van die jaar
(Woordtelling 149) Onthou julle nog die dae van Safari pakke? ’n Broek met bypassende baadjie en dan daardie lang wolkouse. Grrrr. Dit moes hoog mode gewees het gedurende die 70’s en 80’s en het dekades langer gehou. Elke volbloed Boer het ten minste een so ’n pak in sy klerekas gehad. Dit was letterlik […]
Reën
Drip. Spat. Flits! Blits! Donder en dreun! Hier kom die reën… Deur Retha Weir
Wind
Sy wals, warrel en waai, gaan lê, staan op, en draai. Sy kom nog ‘n keer met ‘n swaai, En woerts is sy weg en dis stil. ©RholienNel2023
liefde (silwer)
liefde ’n sagte kus wanneer ek my kop teen jou skouer rus ©Hester Steenkamp
bibliofiel (silwer)
bibliofiel Afrikaans is ’n biblioteek en ek is mal oor lees ©Hester Steenkamp