Die kleur van rou
In Oktober verander Pretoria in ’n ontploffing van pers. Die jakarandabome staan soos stille waghonde teen die blou lug, hul blomme sweef stadig neer soos sagte herinneringe wat op die siel val. Elke straat is ’n kunswerk, ’n gedig wat geskryf word sonder woorde. Pers is nie net mooi nie. Dis ook die kleur van […]
‘Onse duineland’ – ’n liturgies-poëtiese gesprek met Buks Appelblaar
Ek stap saam met Buks Appelblaar die Kalahari-woestyn in. Tussen die saggolwende rooi-rooi duine wat kontoer tot in oneindigheid, raak ek opnuut bewus van die oneindige grootheid en alomteenwoordigheid van God. Ek het op my hurke tussen die duine gaan sit. In my hand het ek rooi-rooi Kalaharisand toegevuis. Dit het vir my gevoel asof […]
tyd
die enigmatie van tyd ruis oor my duin vanoggend soos augustus winde wat waai wie weet waarvandaan of waarheen tyd in gisters, daagliks en van mōres tyd wat stadig verloop in jou jeug wat soos storm en drang swiep en verbygaan – dan net waai oor dae, weke maande en jou laaste jare […]
‘n Boer se hande vertel ‘n storie. (Brons)
(Woordtelling: 347 woorde) “Pappa! Kom gou!” gil Annemie benoud. “Wat is fout?” vra Henk bekommerd. “Lukas het seer gekry.” Snikkend beduie sy na die stoor. Henk versnel sy pas, storm die stoor binne. “Lukas!?” “Hier Pappa!” Rou snikke ontsnap Lukas se keel. Soekend gaan Henk se oë oor die binnekant van die swak verligte […]
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT -’n Verhaal oor die woorde wat nie geskryf kan word nie –
Hoe lees die ou Boesmangesegde nou weer? “Wie kaalvoet loop, hoor die grond se gebed. Die stilte hou die woorde wat geen mens kan skryf nie en ’n kaalvoet trap spore wat die wind nie kan uitvee nie … ” Binne die Boesman-denke is die taal wat kaalvoet praat nie vasgevang in ink op papier […]
OKTOBER DIE MOOISTE MAAND NASIONALE ROOFVOËLMAAND EN DIE POËSIE VAN DIE SKEPPING
Oktober, die mooiste maand van die jaar, bring nie net die herlewing vir die natuur nie, maar ook ’n herinnering aan die ekologiese balans wat in die die skepping gehandhaaf moet word deur die mens as rentmeesters van die Skepper. Wanneer die natuur weer ‘asemhaal’, keer kleur, lig en lewe terug, en die hemel vul […]
“DIE AARDE HET GELUISTER – DIE MAANVROU HET HAAR TRANE GEGEE.”
In die Kalahari, waar die wind stories oor die duine fluister en die sterre soos skitterende vuurvliegies aan die pikswart fluweel-karos van die naghemel hang, sit Pieter langs sy ou Boesmanvriend, Buks Appelblaar. Buks se gesig blink soos gelooide leer in die maanlig, en die vlamme van die vuur dans in sy oë. “Hoor jy […]
Juandre
Juandre (Brons) 1330 woorde Juandre pak die laaste paar stukkies van sy aardse besittings in ‘n tas wat hy by die kinderhuis gekry het. Ook die toksak het hy by die kinderhuis gekry. Dan plaas hy al sy bagasie op sy bed voor hy al die kantoorpersoneel wat hy die afgelope ses jaar baie goed […]
Wyn en sonskyn
Jy ruik, sien, proe, hoor dit. Jou sintuie het ontwaak, want dis die eerste dag van Oktober. Die lug is blouer as gister en al het jy twee weke gelede huis skoon gemaak, ruik jou skoenuitskopplek vars en lekker. Jy hoor die voëltjies vrolik tjirp en jou koffie hier op die stoep proe lekkerder. Omdat […]
Die Kaap is eg Afrikaans (Afrikaapse gedig)
My bra ko ghaai saam os hier ini Kaap kos wyn lekka jol en kakpraat tot os slaap as die Bloubulle die Wee Pee soemaa so trap op Nuweland inni stryd om die Kerriecup kry vir djou ‘n bokomtjie saam djou wyntjie of somma ‘n bunny chow met ‘n warm kerrietjie lekka Kaapse snoekkop by […]