eweseer
voor haar het hy weg gekwyn vel en been omtrent net stem oë altyd hoopvol na haar gerig wind dra tyding van mense-pyn moeë skouers sak saggies neer agter elke man bly daar ‘n vrou woorde kan geen gevoel oordra gesig, oë en sagte drukkie dalk onthou hom eerder soos hy was ©Teárlach
Vergange liefde
VERGANGE LIEFDE Dis met tere herinnering wat ek ons onthou vashou tussen my jigvol hande vingers krom getrek maar die onthou nog varsjonk soos gister toe ons saam op die strand vlugbal speel ongekunsteld mekaar se hande vashou melkskommel drink met strooitjies in een glas dis met soveel spyt dat ek nie ons oomblikke kon […]
Nie soos glas nie
Party dae word alles skielik blou – sommer so, dálk omdat dit Maandag is. Jy sit alleen voor jou Wimpy ontbyt of in die mall se Mug & Bean (soos ‘n beeld uit ‘n movie scene) – en jy word bewus. Jou bord is byna leeg, jy bestel nog koffie – vir die dors. En […]
Spieëlbeeld van kleure
Sal ek skryf oor lief of leed of van die see se blou wat hoogskuim teen duine- rante en oor die see Die lank onthou se asem op terug verlang se snare en ja daar is hartseer in my are saamgepers in gister se drome Ek voel die winde waai weg onder my hande ek […]
Totsiens .
Ek skryf jou naam in die sand Onder die doringboom se skadu. Vat dagbreek aan die hand sodat die wind jou weg kan waai. Ek giet jou naam in ‘n stroom wat grens aan die lowergroen bos. Kabbel my siel liggies en loom… Sodat jy vêr hiervandaan kan vloei. Ek strooi jou naam hoog in […]
BLOM WAAR JY GEPLANT IS
BLOM WAAR JY GEPLANT IS Blom, waar jy geplant is blom, waar jou drome is blom, waar die son opkom blomme, orals om my rond Pers laventel, op die ope vlaktes Pers lavental, dis waar ek wil wees Pers laventel, slaan my asem weg Pers laventel, se pers kombers Blomme, bring die somer lente Baie […]
POPPIEDAG
Sondag 12 November is dit weer poppiedag. Dit is die dag wat wêreldwyd gehou word ter herdenking van die gesneuwelde soldate in die eerste en tweede wêreldoorlog asook die oorloë daarna waaraan die betrokke lande deel geneem het. In Suid-Afrika word sy gesneuweldes in hierde twee wêreld oorloë, die Koreaanse oorlog asook die bosoorlog gedenk. […]
Daar sal altyd duiwe wees
My oë duif oor die kranse – elke keer as ek jou soek – saam met swerms wat in sirkels gly tussen pêrelblink* en Jonkershoek. Ek vind jou in die berg se piek – jou beeld gebeitel in die klip. Jy kabbel in die stroompies wat salig na benede glip. Ek hoor jou in die […]
Oorlams
In snikhete hitte rol ek in irritasie rond ek hoor hoe hy al harder nader aan my kom… Ek sug en dink hardop – “nie vanaand nie asseblief” trek die kussing oor my kop en my kuite op ń knop Die soet geur van perspirasie wat aanklam teen my lyf het die vabond weer vannag […]
Verlossing
ek sou vir my ‘n wolk bid voor die warm son ek sou ‘n donderwolk bid as ek dit net kon een met volop water in haar binnebuik een wat mildlik reën stort uit die oorloop van haar boeppenskruik ek sou vir my ‘n wind bid wat noordwes waai een wat nogal koud voel een […]