Jongste aktiwiteit:

Vergange liefde

VERGANGE LIEFDE

Dis met tere herinnering
wat ek ons onthou vashou
tussen my jigvol hande
vingers krom getrek

maar die onthou nog varsjonk
soos gister
toe ons saam op die strand vlugbal speel
ongekunsteld mekaar se hande vashou
melkskommel drink
met strooitjies
in een glas

dis met soveel spyt
dat ek nie ons oomblikke
kon vasknoop
aan permanente tye
wat nooit sou ophou nie

nou is dit net ek alleen
plooie dalk welverdiend
skaniere wat nie meer wil werk
alleen in gedagte
eensaam in berou
toe ek met vrye vlerke
saamwees die duister in sou stuur

nou skuifel ek na my alleenwees
sluit my donker kamer oop
gaan sit voor die venster
waar ek vir jou wou sing
en as die slaap my kom haal
droom ek vir oulaas
hoe ons onthou
hoog vlieg
wegvlieg

vir altyd verlore
ons liefde vir mekaar
van wel eer
en ek agterbly
…net ek
alleen…

en ek graag vir oulaas wou sê
om jou by my te kan hê

©Kopiereg Linda du Plessis 16/11/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed