Erongoberg se blou
iewers tussen pers en grou huiwer erongoberg se blou in die verte net ‘n silhoeët ‘n hersenskim, ‘n skaduweeportret sagblou uitgespoelde glas, deur die see uitgewas mistieke diep geheime lê in ravyne opgesluit, waar das en klipbok ligvoets loop moet ek en jy met onseker tred ons spore trap in die vae hoop om iets […]
Dogters van Afrika
daar is stories in jou oë wat vertel van klein Krotoa dogter van die Khoikhoi stam – strandlopers aan die kaap – vierhonderd jaar gelede al tot hottentot versaak maar slim was jy en mooi vir die Hollanders van die kaap by hulle het jy opgegroei selfs hul taal het jy leer praat jou waarde […]
As daar ‘n god…
As daar ‘n god as daar ‘n god die ewigheid beskik skepper van ruimte en van tyd, wat materie en energie in die groot heelal rangskik uitspansels sonder einde of begin in ‘n grootse kosmos orden lê vir my waarheid in die melkweg in die spel van lig en donker die opkoms van die son […]
VERWAGTING
(Vroeër het die warm son soos ‘n hellevuur gebrand, deur die dynserige hemel bo die purper krans se rand) VERWAGTING Dis die einde van Oktober en die middag is al laat. Bo die boulevard (in Brackenfell) en die karre in die straat, oor die hoogtes en die heuwels waaragter Bolandberge kring – hang die donker […]
November 2017 projek – Oop projek
Ons staan amper aan die einde van die jaar, en dit is dus nodig om die tempo te verminder. Hierdie maand is die projek ‘n gemaklike een waar julle eie kreatiwiteit ten toon gestel kan word. Skryf in enige styl oor enige onderwerp sonder voorskrifte en reëls. Beide die digters en die storiemakers het vrye […]
Dagbreek oor die Brandberg
oor diep geplooide pers ravyne breek ‘n nuwe dag die berg vat vlam in roes en rooi, ‘n skone simfonie die oggend breek oop soos ‘n volryp vrug – ‘n fees, ‘n harmonie die berg ontwaak in goue glorie ná die donker nag hy kaats vir jou die oggendson in die kleur van ryp granaat […]
Klankfees
Eksentrieke semantiek tot klanke gegiet, om vermaak te bied wat weerklink as gevoels-fonetiek… Mistieke ou lirieke wat jou wink en noot-vir-noot sielsgenot skink
Sonder fees
Soms wonder ek wat vir my wag ek lees die asemteue in stilte is daar vryheid in ou grense is daar nog fees in elke dag soekend loop die mens alle afdraai paaie na sy wens
Golwe fees
Golwe spoel oor en oor oor onsigbare bande en onbekende verlange iewers het ek my hart verloor sweef op ‘n golwe fees vloeiende vanuit God se Gees
DIE DUIWE MAN .
Die besonderse duiweman het ek ontmoet. WAT N BESOBDERSE MAN! Die liefde vir sy duiwe kom uit sy hart Sy duiwe word gestuur regoor die land. Hy vlieg sy mede duiwelede aan die brand. Soms op afgelee plekke word hulle gestuur. Dan salhy geduldig wag tot laat in die dag Vir sy louter plesier. Die […]