Dagbreek oor die Brandberg
oor diep geplooide pers ravyne breek ‘n nuwe dag
die berg vat vlam in roes en rooi, ‘n skone simfonie
die oggend breek oop soos ‘n volryp vrug – ‘n fees, ‘n harmonie
die berg ontwaak in goue glorie ná die donker nag
hy kaats vir jou die oggendson in die kleur van ryp granaat
en oor sy kruin van rooi graniet loop snags ‘n melkwegstraat
Estelle Rubow 30/10/2017
4 Kommentare
-
-
Koekekranka
'N Pragtige natuurbeskrywing as afdruk van sielvolle waarneming. Welgedaan!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Fees projek