Jongste aktiwiteit:

In ‘n blou droom

sien ek jou
op my pad huis toe.

Jy ry deur Paradysstraat
op ‘n blou fiets.
Jou broek en hemp lyk sag
– ‘n ligte denimblou.

Jou oë is blou.
Jou oë lag en jy waai vir my.
Jy lyk gelukkig …

en ek is bly,
want jy was so lanklaas
werklik gelukkig.

© Carma Shaw
30 Oktober 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed