Jongste aktiwiteit:

Die diepste dors

Mag die reën nooit ophou val nie –
nie voor waters stort oor klip en krans nie,
nie voor die strome loop nie,
nie voor vleie blinkblou stoot nie,
nie voor vinke neste bou
en tussen riete dans nie,
nie voor die laaste stof gaan lê
en die grond ophou om dors te wees nie,
nie voor aronskelke hul langs vol riviere
aan die modder vergryp nie.

En nié voor bleek geraamtebome
in Theewaterskloof (by Villiersdorp)
in ‘n dam versuip nie.

© Carma Shaw
29 Oktober 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed