Jongste aktiwiteit:

Vir ‘n malgas

Soos ‘n malgas
– by Lambertsbaai –
wat altyd weer terug huis toe kom
en neerstryk op eilande van sand
(na ‘n dag van wind en weer en water)
om rus te vind op land
– só was jy nog altyd.

Weggevlieg,
maar omgedraai

soos ‘n malgas doen
by Lambertsbaai.

© Carma Shaw
28 Oktober 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed