As daar ‘n god…
As daar ‘n god
as daar ‘n god die ewigheid beskik
skepper van ruimte en van tyd,
wat materie en energie
in die groot heelal rangskik
uitspansels sonder einde of begin
in ‘n grootse kosmos orden
lê vir my waarheid in die melkweg
in die spel van lig en donker
die opkoms van die son en maan
in seisoene wat kom en gaan
waar ek, so klein en nietig mens,
in hierdie groot verwantskap staan
4 Kommentare
-
-
Koekekranka
Heerlik om te lees!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek