Wat bly oor as daar niks is
‘I killed the sun so that i could have the moon’ Jy was ‘n skadu gewees; van iets wat jy voorheen was, nou is dit net as. ‘Now the moon is full and i miss the sun’ Dit is winter, wagtend vir sneeu; die mure is kaal en skroei; iewers in ‘n hoek wil ek […]
Kinders van die grens
In die witsand van Rundu lê geen bloed meer, net stof en onthou tussen dorings en mopaniebome was ons offerandes op onbekende grond ons het ons speletjies verruil vir patrone ons drome vir stilte na die skote ons seunshande was nie geskep vir doodmaak maar vir slingervel en sandkastele met die R4 teen bors gedruk […]
stof en stilte Goud
stof en stilte op skilferige stoepsement tussen sukkelplante in ou koffieblikke sien ek die verbete trek om sy mond en volg sy oë waar dit wye draaie oor die werf loop – tot ver verby die lyndraad en gaan stilstaan by ’n windpomp wat weer wes kyk die gloed van die sakkende son belig die […]
Hernus se goggatjie
Hernus se goggatjie Een Dinsdagoggend storm Fredrieka grootoog en kortasem tot teenaan my. Ek dog dis weer ’n slang. Sy staan met haar hand vasgeklem oor haar bors. Sy hyg. Ek skrik. “Mevrou moet kom kyk! Gou!” Ek haas my agter haar aan en praat met haar rug. “Wat is dit? Wat is fout? Wat […]
Straat Prediker.
Straat Prediker. (Brons) Dit was ‘n bloedige warm dag. Ek het in die parkeer area van die winkelsentrum in my motor gesit en wag vir my man. Tussendeur die gedonder en gebulder, van die letterlik helse geraas rondom my, hoor ek hom. Bo die gedreun van die doef, doef, doef dromme van die wêreld, […]
EKOLOGIESE LES UIT DIE BOESMAN-LEGENDE VAN DIE GROOT AREND EN DIE SEUN VAN DIE WIND
Boesman-mites en legendes is ’n ryk en diepgaande versameling van mondelinge oorlewerings. Hierdie mondelinge oorlewerings van hulle is oor baie jare heen van geslag tot geslag oorgedra. Die ideologie, of te wel die lens waardeur die Boesmans hul wêreld beskou, insluitend die spirituele oortuigings wat hulle huldig, kom duidelik na vore uit stories wat hulle […]
Lewenstappiserie
ń lewe saamgevoeg en inmekaar gevleg ń lewenstappiserie uiteenlopende rigtings raak jy meester van jou eie geveg in sienings en in stigtings kom uitdraaipaaie en jy moet swenk spore wat meer takke in bring en jy aandag daar aan moet skenk somtyds word jy daarin gedwing staan jy verstommend verbaas kry jy al die hoekoms […]
Bitterbessiebos
onaangenaam kom lê dit diep ń brandende bossie giftige smaak spore van verlange strepe lê oor die wange verkleineer en uitgewerp in ń gebreekte spieël lê die skerwe uitmekaar geskeur en geen terugkoms die uiterlike voorkoms met ń negatiewe uitdrukking ń onverskillige gesindheid van neerslagtigheid beur deur die kokon van verwerping skielik beur daar ń […]
Emansipasie (… ewige konsternasie) BRONS Mei 2025
BRONS MEI 2025 Emansipasie (… ewige konsternasie) Sleeptongende woord’ val spykers se klakkelose reën heilig is die grond waarop ek staan. Tjankende winde kwyn blomblaar prag se fluister lust’loos is die lewelose liggaam. Versluierde siel peins naak gewaad se mis-triestige grys rustig is die digterlike muse Bloedbevlekte vlerk erodeer gedagtes se diepste blou veilig is […]
Jan van der Merwe se spinnekop byt
Jan van der Merwe se spinnekop byt Woorde 2058 Sy verspotte velhoed sit windskeef oor sy boskas as hy sy oë skrefies maak teen die skerp strale van die onnergaande son. Sy kyk vee oor die volle breedte van sy plaas. Sy naam is oral bekend – Jan van der Merwe. Sy plaas, eintlik nie […]