Ek lief jou: Brons Mei 2025
BRONS MEI 2025 Ek lief jou (vir ewig is nie vir altyd maar verewig is vir altyd) blou sipresse lig hande omhoog pienk-oranje sonsondergang se bloos meeu se bevlekte geskreeu diabolies die kakofonie van klank weergalm tussen berg en dal rooi poeierkwas kronkelpaaie se versteke beknopte stegies lank gelede se vergete kosmosse blom in hemelraam […]
encore (Goud)
net toe ek dink dat ek elke moontlike hartsmooi herfs-oomblik wat ooit tot my gespreek het verewig het tussen versreël en stroof kom tokkel daar vanuit die kortstondige oorgangsglorie koel herfsvinger-gedagtes aan my hart-en sielsnare sodat ek tot my oeuvre móét voeg: tyd is onsentimenteel en glo nie in wag nie daarvoor is die lewe […]
tolk (Goud)
toe ek toewyding van jou eis het jou oë en mond verskillende tale gepraat jou oë se sku waaksaamheid en apologetiese diep-kyk wou my nader trek, my vashou maar jou mond het ‘n ander kort en bondige deuntjie gesing en jou oë se boodskap ver(d)raai © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Waar die Namib asemhaal (Goud)
Waar die Namib asemhaal In die oudste woestyn droom tyd stadig, en die stilte draai jou binnestebuite – ’n duiselige niks wat ook alles is. Reusesandputte fluister van vryheid, waar vrede dik hang in die hitte. Wit lelies sprankel tussen gruis en doringgras, terwyl gemsbokke baldadig wei, staan springbokke in songeel trots, en sebras staar […]
Winterwens (Goud)
Ek pak vir jou ‘n kaggelvuur van wingerdhout en dennekeël, vleg ‘n repie van die son se geel en die rooigoud van laatherfs se kleur so skelmpies daardeur, ek wens jou ‘n glühweinseisoen kwistig ge-troosspesery met sitrusgeur en pypkaneel, en iemand om die snoesigheid héél winter mee te deel! ©️Elize Kruger 28 April 2023
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT (hoofstuk1)
Inleiding Wat hier volg is ’n kursoriese inleiding tot ’n reeks kortverhale van die gesprekke tussen Buks Appelblaar, leier van ’n groep Boesmans in die Kalahari, in die noorde van Botswana en Pieter, wat ek in storievorm verwerk het. Ek pen die gesprekke tussen Buks Appelblaar en Pieter vas, in wat ek noem Boesman-patois-afrikaans. [Uit […]
Genesende Rots #Brons
Genesende Rots Aardlippe bewe as rotse val pyn, verlange, twyfel onsekerheid skeur vure brand met woede, angs en hartseer Rook laat my verblind, verwese en verward Luister maar hoor niks hoor – maar luister nie Afgestomp, hopeloos en verdwaal Grou, o Gees van God lê my binneruim verrot kom krap die sweer oop maak skoon […]
Najaar
dis nie net die son wat láát opstaan nie en vroeër na sy lêplek gaan nie nie net die lower wat verkleur nie in terloopse afskeid van hul fleur nie dis nie net die koue wat bekruip nie met die wingerdoes alreeds gekuip nie die eerste tekens fluister klaar hier’s meer as wat die oog […]
Uitverkoping
grootjies is gemaak tussen harde kantoen lakens hoë kwaliteit materiaal was so gemaak die labels is ook met sterk garing vasgenaai en so oumas dra almal op hul rue sonder enige gekreun of steun vandag lê ons tussen Sjina lakens die plastiek garing goringlos en steek mespunt deur ń verlede jaar label onbereikbaar, seer tot […]
APRIL 2025 – AARDE projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk an hierdie 11 lede! WENNERS BRONS: (1) No 8 Christa Diederiks met Ons asem, ons Paradys (2) No 15 Christa Diederiks met Waterlyn (3) No 9 Leonie Jansen van Rensburg met Gradeboog van genot SILWER: (1) No 2 Pieter Mostert met Sy is al wat ons het (2) No 23 Cobus Kruger […]