Jongste aktiwiteit:

tolk (Goud)

toe ek toewyding van jou eis

het jou oë en mond

verskillende tale gepraat

 

jou oë se sku waaksaamheid

en apologetiese diep-kyk

wou my nader trek, my vashou

 

maar jou mond het ‘n ander

kort en bondige deuntjie gesing

en jou oë se boodskap ver(d)raai

© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed