Gesinne, vandag.
Gesinne, vandag. Ek onthou die dae toe gesinne standaard-rolle gespeel het: Pa was die broodwinner, Ma die tuisteskepper wat altyd daar was vir die kinders. Dan: kinders – die professionele eksperimenteerders – altyd gereed om ’n nuwe manier te vind om die huis se vrede te ontstig. In daardie dae was dit ’n eenvoudige resep, […]
na middernag (Goud)
na middernag oorgeslaan met brood en wyn salf ek my wonde met woorde maar my oë loop in hierdie donker uur al agter die aandster aan totdat ek sien hoe ’n silwersnoer om die maan hang en toe die reënwind liggies begin stoot word trane my afkoopboete net na middernag © Hester Steenkamp
Putin (Engelse sonnet) (Goud)
Die bomme van jou yster pikswart Z vanuit jou goue kamer hussekas, kom jaag nou kankerkinders uit ‘n bed, daar waar die omgee oor hul krities was. En met jou asem vrot van walgingsgrin, regverdig jy die voeder van jou mag, met woorde in ‘n psigo leunaarsin, gewetenloos teen onskuld wat daar wag. Die mens […]
Skoonma se tong
(Woordtelling : 1223) Skoonma draai verseker 365 grade in haar graf om as sy my nou kon sien! Die feit dat ek nog altyd graag kaalvoet geloop het, het haar glad nie aangestaan nie. Op my 30e verjaardag het sy my sonder seremonie vertel dat dit nou tyd geword het dat ek skoene moet […]
‘n Arendsvlug
Sy trek haar voorvinger lusteloos deur die waterstreep op die spieël. Môre. Sy sal môre daaroor worry. Of dalk nie. Haar oë vee vlugtig oor haar gesig. Donker kringe onderstreep die dofheid in haar oë. In die geel badkamerlig lyk haar vel degerig. Is daar ooit so ʼn woord? Sy trek haar yl wenkbroue argeloos […]
Panorama (Goud)
Berg-op, by ‘n uitkykpunt was daar so ‘n tikkie deja vu die herontdekking van die mooi was asemrowend, net soos ons dit toekatyd beleef het, maar so baie het verander en die mistige onthou was net effentjies nostalgies, eintlik glad nie blou nie, want in my leef die wete jy gaan waar jóú kompas lei […]
ʼn Dag om te onthou
(Woordtelling 597) Dit maak nie saak hoeveel jare of dekades verloop nie, soms kan mens presies onthou waar jy op ʼn spesifieke dag was, en selfs waarmee jy besig was. In uiterste gevalle kan jy ook ander, minder belangrike inligting onthou, soos die weer of die klere wat jy aangehad het. Vandag, veertig jaar […]
versmagting – Silwer
versmagting – Silwer as jy nog een enkele keer jou oë kon oopmaak ek jou liefderyk kon aanraak sou dit ‘n troef wees teen die seer of sou ek myself blameer omdat jou leiding langer sou raak raap my op in herinneringe omvou my soos spookasemstringe sodat die bitter kors in my kan […]
carpe diem – Silwer
carpe diem – Silwer innerlike vrede is die sonkant van ‘n winterstoep wat loom om menswees vou dis die vere in ‘n gunstelling kussing in ‘n pondok of chateaux wat drome oproep dis reëndruppels teen ‘n venster ‘n roos vol dou dis kinders wat musiek maak ‘n onverwagte whatsapp wat sê dat jy vir […]
Uitkoms – Silwer
Uitkoms – Silwer Droomverlore gly my skraal hand oor die sysagte trourok wat teen my hangkas hang. Mamma het geen detail en moeite ontsien om my droomrok te maak nie. Drie maande gelede het ek en Nikolai, my verloofde van amper twee jaar, op ons huweliksdatum besluit; 21 April 2022. Dis op my […]