Selfmoord
Bome word gestroop in die naam van vooruitgang. ‘n Mall waar jy alles kan koop. Tevore het groen peule daar gehang. So kry ons woude die wind van voor, maar is ons besig om so baie te verloor. In die ICU veg ‘n man om sy behoud vir suurstof wat so onmisbaar is want geen […]
Skaapdoring
Chris was nog altyd ‘n man vir en van die aarde. Hoe nader hy aan die aarde kon kom en lewe of die aarde aan hom, hoe beter. Juis daarom het hy net meer as vyftien jaar gelede sy saai en vervelige beroep vaarwel geroep en sy afgeforseerde lewenstyl en konformiteit aan verwagtings van die […]
LUISTER NA DIE ANGSKRETE VAN DIE AARDE! [Silwer]
Ek skryf hierdie artikel vanuit ’n Christelike perspektief en gee toe dat daar ander persone is wat hul eie opinies huldig. Die retoriek hieroor is nie nou ter sprake nie, daar dit buite die skopus van my artikel geleë is. Wanneer ek oor die aarde praat, kom daar onmidelik vier woorde in my gedagtes op […]
Sy is al wat ons het [Silwer]
die sponsgebiede van haar wange lê oopgebars onder die vingers van die son die bloeisels van haar wenkbroue verlep omdat haar vleilande drooggelê is benoud klaaglied haar winde huil in die braille-trane van die reën lees haar boodskap in die gloed-gebare van die son se golwe op haar horison luister na die mymeringe in die […]
Die pyngedagte [Silwer]
die wêreld se stootskrapers reis in haar oë kettingsae laat haar reuse val reënwoude vleilande vlaktes berge hulpkreet bewoë boorgate sink die aardbal van haar hart haar ekologiese lyk sluimer sovêr jy kyk moederaarde se kinders is in nood politici verontagsaam haar vertoë bars bomme tot diep in haar boesem hulpkreet riviere van haar vlaktes […]
APRIL 2025 – AARDE projek
Beste INKers Op die 22ste April jaarliks, herdenk die wêreld Aardedag. In hierdie projeksiklus gaan ons poog om in ons unieke Afrikaanse manier daaraan deel te neem. Die opdrag is voorskriftelik en daarom wil ek jou aanraai om die opdrag deeglik te lees en aan ál die voorskrifte gehoor te gee. Versuim om hieraan gehoor […]
vlegsel (Goud) 365 woorde
Ek en my sibbes het onlangs ons ouerhuis gaan leegmaak, nadat my ma ook oorlede is. Ek het in ‘n ander wêreld inbeweeg soos ons die een na die ander bekende voorwerp, foto en speelding ontdek het. As volwassenes, het almal van ons die meeste van die goed in ons kindertyd laas gesien en hanteer. […]
Môregloed (Goud)
Lig klou aan die afgrond se rand, duisternis skeur deur stom stilte, wind huil skerp deur die nag se verslete nate, maar hoop skiet wortel in klip en storm. Golwe breek, val, breek weer, maar dreun in ’n geduldige ritme, soos ’n vuurvonk wat blindelings bly hoop. Selfs in stille skemer skryf sonstrale geduld, selfs […]
Harlaboerla-land (GOUD)
Ons Harlaboerla-land strek wyd, en waarheid word opgedis met nyd. Die koning hou ’n groot beraad, waar die hofnar net kan grootpraat. Die raadsheer griffel ’n lang beleid, dit rym met niks, behalwe spyt. Die wette dans soos wappergras, wie weet wie klim tot in mag se kas? Belasting klim, ons beursies krimp, met leiers […]
Aura
Aura Een bloedige, bloedige middag in Januarie, skuins na 14:00, staan ek in ’n poskantoor om seëls te koop. Seëls, van alle dinge. En in Mariental, van alle plekke. Enige een wat al ’n Januarie in Mariental beleef het, sal verstaan dat die hitte onbeskryflik is. Dit skroei jou van buite en kook jou van […]