Dorland
ek staar na die Kaapse somerveld dis warm, droog, en lelik die dorheid pluk-pluk aan my klere die somberheid klim binne-in die uitgerekte mediterreense somer moes lankal noordwaarts wyk maar hy steur hom nie aan die almanak nie die veldgras is asgeel verbleek die bergfynbos, gewoonlik in ‘n sagte vaalgroen getooi, lyk afgerem, geskakeer tussen […]
So seker #brons
So seker So seker soos ‘n slak se sleepsel sag soos vlinder se vlerkies sweef Sy Gees neffens jou. Hy hou jou Hy dra jou Hy lig jou Hy rig jou Jaar na jaar is Hy daar aan jou sy om jou te lei. Soos die maan en son hul baan voltooi sterre skitter in […]
daar
onder draai duiwel rond ver onder in my droom in die duister nag van diepe slaap byna onbeheerbaar dring die bose gees slu in werklikheid verbloem ondertoon van duiwelse plesier net omdat hy wil en kan skerp verblind die ligstraal al wat donker is tot vaal verdwyn sy krag nietige verval want God […]
Bosbokkie-oe
My bene skanier outomaties inmekaar en ek sak soos ‘n sak aartappels in die skadu van ‘n wilde proteabos neer. Hierdie gloeiende rooi gesig het ek te danke aan my vriend se avontuurlistigheid. “Plaas het jy nie nét gehardloop as iemand jou jaag nie,” lag Jonathan ten koste van my eie ou grappie, “dan was […]
Skeppingsdoel
Skeppingsdoel as ons eendag weg is sal die trekvoëls steeds deur die seisoene swerf en sal die daeraad haar kop nogeens skaam oor die oosterkim stoot as ons eendag weg is sal die wêreld vir seker aanhou tol en tol al wat ooit saak sal maak is die liefdesspore wat jy los het jy onlangs […]
60 jaar van nou
In 60 jaar van nou Brons As ek terugkyk op my lewe van geboorte tot nou, het soveel dinge verander en ek sukkel om by te hou. As kinders het ons buite gespeel van soggens vroeg tot laat en almal was bevriend met almal in die straat. Die biblioteek was die beste plek en ons […]
Sterwenslied van die somer Goud
Proe dan nou die klamnat kleur van okerblare onder die oeroue akkerboom fynstoom strepies knak aanbiddend in die oggendson hoor die geel van herfs wanneer dit een word op die amberpalet – ’n mosaik van klank – vasgevang in die dartel van die roeskleurwind kom aanskou die dans, die dans van die somer se sterwenslied […]
LOOP DIE PAADJIE IN JOU LABIRINT TOT BY SY MIDDELPUNT
Pieter kuier op ’n vriend se plaas in die Kalahari. Hy is ’n emosionele wrak nadat hy hierdie einste vriend van hom traumaties aan die dood moes afstaan. Hy is nie lus vir mense om hom wat gedurig lastige vrae vra nie. Hy wil net alleen gelaat word. Pieter stap buitentoe en gaan sit op […]
ironie (Goud)
die (ou) gevalle doringboom is op sy knoetsige knieë gedwing in ‘n spartaanse windstorm …gekneusde jaarringe hoofstam brutaal geskeur en verwring takke asof in laaste stuiptrek gesper… en ék vind poësie in die tragiek van sy onwaardige lot © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Omwenteling
gister het ek die swaeltjies sien swerm, ʼn V-formasie teen ʼn vaal, vervelige blou die son gevang in herfs se kou en ek het gedink aan jou in annerland waar tulpe nou baldadig geilgeel groei en my hart het stadig gebloei