Skeppingsdoel
Skeppingsdoel
as ons eendag weg is
sal die trekvoëls steeds
deur die seisoene swerf
en sal die daeraad haar
kop nogeens skaam oor
die oosterkim stoot
as ons eendag weg is
sal die wêreld vir seker
aanhou tol en tol
al wat ooit saak sal maak
is die liefdesspore wat jy los
het jy onlangs lig gebring?
©Rosalee Meyer
3 Kommentare
-

Christa D
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek