Stoompot-taal
Wanneer maande en jare se aanvalle en afguns eers opbou soos ma se stoompot en die druk meer en meer word, weet jy. Die uitbarsting gaan nie mooi wees nie. Emosies vloei oor lippe soos rooiwarm lawa, met borrelende woorde wat alles in sy pad wil verteer – met seer. Alles wat nie reeds verwoes […]
Die Suiderkruis
Dit is ’n rustige aand in Nossopkamp in die Kgalagadi. Johan, ’n gerespekteerde digter in skrywerskringe, lê op die naat van sy rug op sy slaapsak. Hy staar met bewondering na die juwelekis van die naghemel wat besig is om bokant hom uit te strek tot in oneindigheid. Johan dink aan die Psalmdigter se woorde: […]
Pappa
My pa het eers ‘n rol in my lewe begin speel toe ek vyf jaar oud was. Ek het dadelik besluit ek hou nie van hom nie. Hy het ook nie baie van my gehou nie. Ek was Ouma en Oupa (aan my Ma se kant) se prinsessie en het seker die houding van een […]
Byt Soek
krap aan ń gejeuk is lekker op die regte plek soek na die oorsaak is ń ander saak krap het resultate oorsaak soek is multidimensioneel
Skommel Maats
wat is die nood behoefte aan ń maat van baba se eerste staar na eie formaat die voel voel raak ń skoorsoekerige spel wat gou ontwikkel in ń holmaag gevoel die emosie waarvan ek niks verstaan hormone stroom voort wild buite beheer rasionele denke droom en verdwaal na ń paar vet jare stotter die droomdae […]
Dipsomaan [Didaktiese Cinquain (diamantvormig)] (silwer)
Dipsomaan verteer vernietig verwoes kosbare verhoudings liefdevol gebou veras vergaan verslawing ‐‐o0o‐‐ [©Pieter Mostert]
Raak-my-nie* dagbreek [silwer]
Raak-my-nie dagbreek raak-my-nie in blom distels wat steek het tussen ons gekom soek ek na jou lopers om daarlangs te rank met vreemde stropers dwaal jou spruite af raak-my-nie herinneringe raak-my-nie vergeet verdwaalde onthou waarvan jou spuite nie weet blomme wat dorings eggo haak-en-steek my totdat ek seer verweer weer ’n afjak kry eggo jou […]
Kaputilasie van ‘n boer Goud
Somber streel die strale van die laatmiddag son oor die wange van ’n boer smelt die kroes van laatoes roes as Pasgabloed deur sy psige beur sug hy dan tevrede wanneer die laaste sonbloedvlek oor die verste rante lek en die skemer skelm dog skugter – om sy mure vou ©️ Amanda de […]
Wraak wat vrymaak
Wraak wat vrymaak Die kragtige engin van die viersitplek vliegtuig kom met ‘n snik tot stilstand. Veronica sug. Buiten die ritmiese gedraai van die propeller is dit grafstil om haar. Sy rek haar nek om die landskap vanuit die vliegtuigvenster te aanskou. Die bosveld was nog altyd vir haar ‘n pleister vir ‘n gekneusde hart. […]
Op die plaas “Ope Hande”
Op die Plaas “Ope Hande” n’ Ewigheid ver maak ‘n plat stukkie grond ‘n eelt op die verweerde aarde. As die reën hiér val, dan reën dit, wragtig veertig dae en veertig nagte aanéén! Maar die dróógte is meer as die reën hier, vandaar die naam “Ope Hande”, wat Stefanus de Wet sy plasie, wat […]