in elk geval
in die kom en gaan stroom deinings golwe tot bokant hoogwater merk werp dit los plante verwoes uit voorwaar ‘n slagveld van dood alles wat verwaarloos daar lê vind sy pad terug na stof so stroom my gedagtes my drome van edel woorde – tot eer van, ter verheerliking van Grootheid in elk geval […]
ALMAL DRA ‘n JAS
Die Jas en kuil wat bymekaar pas dra jy jou persoonlikheid op jou mou of is jy die harlekyn vir vermaak deur jou lewe ego ander se gelag teen jou vas wie is die harlekyn wat in die donker kwyn sweepslag woorde bitter van weemoed alfabet se kroon met haat omsoom honiese lag hoogtepunt van […]
lente
bloeisel haar konfettinote in die balk van die winter bladmusiek sy haar melodie en kaleidoskoop landskapverse ———-oo00oo——— ©Pieter Mostert
Winterdraal (silwer)
Toe September nog die berg betrap in sy bleek gewaad van winterlap wat sy seerste byt vir laaste hou lag die almanak saam in sy mou Ná maande van grou hunkering dat die suiderson weer lewe bring word die koue aarde nogeens verkul vóór die groeiseisoen sy pad vergul Hoe dikwels draal die wintergroef tot […]
September 2024 – OOP projek
Beste INKers Die mooiste lente is hier en daarom vier ons dit met ‘n geen voorskrif projek hierdie maand. In welke genre jy ookal deelneem is die sonder vooskrif of reëls. Lekker skryf. Projekbestuurder
Julie 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
BAIE GELUK AAN HIERDIE 11 LEDE! WENNERS GEDIGTE BRONS. no 26 Cobus Kruger met Onwaarskynlikheidsleer No 27 Piketti (Retha van Deventer) met Hartsverlange No 29 Piketti (Retha van Deventer) met Somet in jou winter SILWER. No. 25 Hester Steenkamp met Goue graaf No 2 Charles Skeen met Mistroosstig No 3 Pieter Mostert […]
Doeltreffende skuldbeheer: stappe en wenke.
Baie van ons ken die uitdagings van skuld, of dit nou is om groot aankope, soos ’n huis, te finansier, of net om deur die maand te kom. Skuld speel dikwels ’n belangrike rol in ons finansiële beplanning en help ons om doelwitte te bereik, maar dit bring ook ernstige finansiële implikasies mee. Dit is […]
Skuld: Die stil metgesel.
Die woordjie: skuld, is so ’n kort woord, maar is dikwels ’n onsigbare las wat ons almal dra. Soms swaar en soms ligter, maar altyd teenwoordig. Dit is ’n konsep wat verder gaan as net geld en syfers. Skuld is ’n universele ervaring wat ons op maniere verbind wat ons nie altyd kan sien of […]
Ewige verwyt
My lief, hoe sal ek ooit jou laaste groet kan bêre as my hande se lewelose getuienis nie kan rus nie, hul wat nooit gegroet het nie hul wat nie gewys het hoe lief ek jou het nie… hoe bêre ek hierdie skuld gevoel van sou ek gewys het ek’t jou lief sou jou […]
laaste omdraai (Goud)
ons het omgedraai en weggegaan hoe kon ons raai ons had geen benul dat engele op wag ná ons laaste wuif geruisloos-sag ons ruimte sou vul pa jou laaste uur is deur Hom uitgemeet maar ons laaste omdraai – wat steeds voel na verraad – sal ek nooit vergeet © Elmarie Nienaber […]