Winterdraal (silwer)
Toe September nog die berg betrap
in sy bleek gewaad van winterlap
wat sy seerste byt vir laaste hou
lag die almanak saam in sy mou
Ná maande van grou hunkering
dat die suiderson weer lewe bring
word die koue aarde nogeens verkul
vóór die groeiseisoen sy pad vergul
Hoe dikwels draal die wintergroef
tot ‘n lang uitmergelende proef
maar hoe kinderlik die hart se lof
as lewe ná die dood ontplof
-cs-sep-24-
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek