Uh-uh, nee dankie!
(Woordtelling : 1007) Ouer word is LEKKER! Verby is daardie dae toe ek Moeder se voorskrifte van die lewe moes glo en streng navolg, want as ek dit nie sou doen nie, was die hel (los), my voorland. Na vele dekades se onnodige dra aan die skuldlas wat ʼn ander persoon in my hande […]
Geheim van Tyd (Goud)
waar lê die geheim van die ewigheid van tyd lê dit in die draaipunt van die lyne van die seë of in die hoogtes van die hemele op die strale van die son daar waar oneindig in getal sterre en planete op ‘n horison opkom of spil dit om genade van die mens se aardse […]
Pandemonium in die glas-sfeer – Brons
Pandemonium in die glas-sfeer – Brons DIE PROTAN, Sterjaar 8723, Dag 412, berig: “Die hofsaak van die Kwanader, Zlotz, leier van die versetgroep OA4B (op al vier bene), vind plaas op sterjaar 8723, dag 416, in die glas-sfeer. Zlotz word aangekla daarvan dat hy versuim het om op twee bene in die openbaar te loop.” […]
skuldlasstorm
skuldlasstorm – Brons tussen opdrifsels van eens vind ek jou soos dryfhout in gedagte-chaos klou ek soos ‘n drenkeling aan versengende herinneringe ek hoor jou laaste kinderrympie in die flenterfluister van gebroke skulpe en staar stiksiende deur seewierwimpers na meeue se strompelvlug ek proe weer en weer die skeidingstrane wanneer seesproei traag oor my lippe […]
die hel in my – Brons
die hel in my – Brons in die holte van gamkaskloof waar waterstrome ongeknel vertel van sorgelose rotsformasies wat sorgvuldig opgestapel oorhel en dagsome drome knus omvou verlate ongeskonde wissel fauna en flora gemeenplasies oor die skuldlas in my aan hul toevertrou en agtergelaat soos eggo’s teen loodregte kranse om weer my ekwilibrium te vind […]
Vergete sondes – Brons
Vergete sondes Die opwinding van die see-vakansie, bruis deur my are. Yskoue bier, vislyntjie in die water, die koel seebries in my baard. Atta! Die tweeling laaities babbel oor bikini-meisies en groot galjoene. ˝Kom bulletjies, hierdie sytent gaan nie homself opslaan nie!˝ roep ek hulle nader. Die trekkers is veilig in die […]
BESEF ONS DIT ?
Jou woorde bly nog by ‘n persoon lank nadat jy die vertrek verlaat het. Mens moet jou woorde netso versigtig kies as jou vriende. Lank nadat jou woorde gesê is en jy met jou lewe aangaan het dit ‘n inpak op die persoon vir wie jy dit gesê het. Woorde wat gesê is kan nie […]
JY STAAN NOG DAAR
Jy staan nog in die skadu’s gister se skaduwee gedagtes jou woorde was in doringdraad gevlieg sy het die alfabet kruppel gehuil jy het jou hoogmoed masker afgetrek woorde se betekenis vergruis laaste lig word uitgedoof jou asem het my lig gesteel jy het my nie bevry jy het nie jy het jouself gevonnis tronk […]
In ons slimmigheid het ons eintlik dom geword.
(Woordtelling : 1175) Voor wie se deur lê ons die skuld vir die samelewing se agteruitgang van ons fisiese- en geestestoestand? Is dit die dokters of psigiaters se skuld? Die kerk dalk? Wat van die skool? Dit is gewoonlik die instansies wat ons glo meer kennis het, maar is dit rêrig die waarheid? Dra […]
Verreken (Silwer)
Daardie oggend toe ek wakker word het ek oudergewoonte aan jou gedink, ek wou nog bietjie vashou aan die heimwee wat al vir so lank my koffiemaat met dagbreek is totdat slaap my in die klein ure van die nanag weer laat ontsnap uit die boeie van sênoumaars, wat-asse, en die swart onthou van brûe […]