Hartstories (Silwer)
In ‘n lêer in my onthou-argief is my verpligtinge noteer in wissels en promesses, ek-skuld-jou’s, en dies meer toe ek werk deur die joernale, die totaal probeer bereken, het ek gesien dis meestal deur mysélf op my beteken berekeningsfoute was daar ook toe die boeke nie wou klop, want dié gebou se waarde gaan nie […]
ek weet nie…(Goud)
… watter skuld het ek aan die versplinterende hulsel om jou en my nie die blote aanskoue van jou ondeurdringbare mure laat my telkens sonder hoop dat ek daardeur gaan breek jou meedoënlose verwerping van my wat reikhals na jou laat my gelate en swyend sonder veglus of moed om weer te probeer moet […]
Die tweesnydende swaard.
Die tweesnydende swaard. Wanneer ons aan skuld dink, is dit dikwels die finansiële las wat eerste in ons gedagtes kom. Skuld wat ophoop, die rente wat aanhoudend groei en die onvermoë om uit die skuld te bly. Maar wat van die minder sigbare, maar oënskynlik altyd teenwoordige, emosionele skuld? Die onsigbare las wat ons in […]
Die aarde huil. (SILWER)
Die aarde huil. Die aarde kreun van stof en rook, die hemel huil, met voëls wat minder sing in omgewing, so vuil. Blinkende blikke en plastiek klou aan heinings vas oor velde en tuine wat eens vry en onbesoedeld was. Mag die aarde hul vergewe wat snoesig in paleise skuil! Die oseaan sug onder die […]
‘n boer se spyt (silwer)
’n boer se spyt grond eens ryk onder sy hand val deur sy vingers as woestynsand ek sien hoe kyk hy op met ’n bakhandgebed vir ’n wolk op die horison om sy diere te red elke graspol, elke sagte loot is lankal reeds dood hy laat sak sy kop, knak sy knieë tussen kalk […]
Helmets up Goud 443 woorde
Claudine vleg die tou deur haar vingers. Links om, regs deur. Sy speel die video nou al vir die derde maal. How to… op youtube. Dan glip die punt deur die gat. Uiteindelik. ‘n Traan vlek die palm van haar hand. Dit is vandag presies ‘n jaar gelede. Die seer voel soos gister. Sy en […]
Spring Clean (Brons)
my huis se mure kreun en span en bult soos opgeblase wange weens die opgegaarde gemors van die rommelversamelaar extraordinaire stapels papiere tot teen die plafon hou register van vergeelde flaters hul hoeke gekrul en ink dalk verdof maar binne bereik met effektiwiteit wat nie eens dewey kan klop wasbalie tot barstens gestop met die […]
In die sop
(Woordtelling : 1276) “Hallo, my naam is Ano en ek is ʼn verslaafde.” Dat dit ʼn verslawing aan daardie liederlike Chinese maatskappy is, noem ons liewers nie in opgevoede geselskap nie. En dat ek openlik sal erken dat ek skuldig voel, sal ook nie gebeur nie. Dis nie die klere wat ek aantreklik vind nie, […]
Tyd se trane.
Tyd se trane. Die eerste traan het onverwags oor Lien Meiring se wang gerol – ’n enkele, stil blink druppel wat soos ’n klein kraaltjie op haar skoot beland het. Die kamer om haar was stil, die geluide van die buitewêreld gedemp deur die dik gordyne wat liggies in die briesie beweeg het. Die enigste […]
Waar was jy? Goud
Waar was jy? Waar was jy mamma toe ek my eerste tree moes gee, toe ek onseker en skaam die skool se stoep moes betree? Waar was jy mamma toe my voetjies sag soos vlindervlerke oor die dansvloer Mozart-ritme gegly het my oë soekend in die skare na ‘n afwesige jy? […]