Ongetiteld: Senryu digvorm (Goud)
elke nuwe dag bring ‘n flikkerblink begin vergewe jouself ©Loretta Szikra
Soos swaar klippe.
Lien Meiring het haar arms op die plaashek geplaas, haar blik oor die uitgestrekte koringlande laat gly. Die laatmiddagson het die koring soos goud laat skyn, maar die glans het nie tot haar gemoed deurgedring nie. Gewoonlik sou die geur van vars grond en die warm sonlig haar siel streel, maar vandag was anders. Die […]
AASVOëL-RESTAURANT (Brons)
AASVOëL-RESTAURANT Ons vriendskap het uitgebloei soos ‘n keel-af skaap in die droë Karoo en wantroue lê doer eenkant soos ‘n brandsiek hond sonder hoop; die gif van jou woorde het my aan die hart gebyt en nou lek ek my wonde soos ‘n afvlerk hoender wat probeer nesskrop in die mishoop van teleurstelling – […]
Verstoteling
Brons kategorie Verstoteling asseblief meneer! ek smeek jou…ignoreer nie my wéér probeer my net té min… lê sonder hoop op rente al wat ek vra, is jou aanlas, rondlê sente duidelik lê onsigbaar, die skeidingsmuur tussen pleit en afsku, dag vir dag verduur koue oordeelskyk vanagter gerookte glas definieer mý, vernederend tot ‘n ánder klas […]
Nié vir my
Brons kategorie Nié vir my my salaris joune… máánd na máánd verruil vir slapelose rondrol nagte oor verspulde rand gewetenloos teer jy op hardverdiende noot jou rente vreet… selfs ‘n laaste stukkie brood jý…soetste heuningstroop verwoes stilweg soos jy oorgemaklik inloop jou aangename smaak wat té gou verdwyn los ‘n bitter nasmaak waar spyt sy […]
Aborte Vendicta (Goud)
mamma, jy het my eersgeboortereg verpand maar ek het bly glo aan die hoop dat jy my sou liefhê maande lank het ek vasgeklou aan die warm liefde binne die kokon van jou koue hart wat my nie wou hê nie vasgekluister aan die naelstring van ons saamwees terwyl jy ons eenheid betreur […]
Skaakmat (silwer)
Die jammer lê swaar op sy gesig hy lyk bedremmeld en veragtelik met ‘n weerlose sadness in sy oë asof hy ‘n lewenslange vonnis dra Ek wil hom jammer kry maar hy het my so teleurgestel my soveel wroeging veroorsaak Hy moes beter geweet het as om sy waaksaamheid te laat glip en homself so […]
Verdiende loon (Goud)
alleen is ek net ‘n fragment van hierdie heelal; ‘n lasplek in die skakel van liefde en leed deur my dade bepaal ek my aandeel en betaal ek vir my lot o n s e k e r oor dít wat ek gee en dít wat ek neem en deur voorkeur beërwe ek mý verdiende […]
Verlies van ‘n ander soort
mense staan geliefdes af aan die dood ander groet deur ‘n egskeiding dan is daar die in finansiële nood of die met ‘n siekte tyding ‘n verlies waarvan min gepraat word is die verlies van die lewe wat sou gebeur ‘n verlies van iets wat kort ‘n verlies wat jou in stilte laat treur […]
Menslikheid (Brons)
(192 woorde) ‘Ek is tog net ‘n mens’ sal baie persone sê wanneer hulle ‘n fout begaan het. Die stelling is tog so waar, ons is nie perfek nie en ons maak foute. Waarom kan ons dít erken maar tog belaai ons ons gedagtes met ‘n skuldlas? Waar het die menslikheid nou heen verdwyn? Waarom […]