Verlies van ‘n ander soort
mense staan geliefdes af aan die dood
ander groet deur ‘n egskeiding
dan is daar die in finansiële nood
of die met ‘n siekte tyding
‘n verlies waarvan min gepraat word
is die verlies van die lewe wat sou gebeur
‘n verlies van iets wat kort
‘n verlies wat jou in stilte laat treur
dit gaan ongesiens verby
en min mense weet van die seer
dit is iets wat jy wens jy kon kry
iets wat jy nooit kon probeer
die verlange na liefde en kinders hê
is maar twee wat ek kan verwoord
dit is nie iets wat jy sal hardop sê
want dis ‘n verlies van ‘n ander soort
‘hoe kan jy iets mis wat nooit bestaan het?’
‘hoe kan dit ‘n verlies wees?’
dit is iets wat jou gedagtes beset
en jou wese vul met vrees
hierdie verlies bestaan uit ‘n verlange
‘n verlange van ‘n droom wat nie realiseer
dit eggo in jou hart se gange
‘n verlies wat min kan verbaliseer
Jackie de Klerk
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek