Jongste aktiwiteit:

Menslikheid (Brons)

(192 woorde)

‘Ek is tog net ‘n mens’ sal baie persone sê wanneer hulle ‘n fout begaan het. Die stelling is tog so waar, ons is nie perfek nie en ons maak foute. Waarom kan ons dít erken maar tog belaai ons ons gedagtes met ‘n skuldlas? Waar het die menslikheid nou heen verdwyn? Waarom top ons oor iets wat ons nie kan verander nie?

Ek glo dat die eenvoudige antwoord die volgende is: ons erken ons is mens, maar ons veroordeel onsself asof ons volmaak is. Dit laat ons met die al te bekende ‘as ek maar net…’ Ek is ook hoogs skuldig aan dié skuldlas konsep.

Nou hoe beweeg ons nou vorentoe? Sien jouself deur die oë waarna jy na jou medemens sal kyk. Jy sal tien teen een jou naaste vergewe wanneer hulle ‘n fout maak teenoor jou, jy sal hulle ook nege uit die tien keer vergewe en nie ‘n wrok teen hulle hou nie want jy sien hulle menslikheid raak. Jy verdien om jou eie foute oor te sien, jouself te vergewe en aan te gaan op ‘n skoon bladsy.

Ek gaan dit van vandag af probeer!

Jackie de Klerk




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed