Interne geveg (brons)
stadig rol die traan af teen haar wang
weer met terug flitse wat haar vang
gedruk deur die hopelose gevoel van dwang
sy het ja gesê vir die drankie
sy het ja gesê vir die soentjie
selfs ja gesê vir ‘n drukkie
verder was nee ‘n gesang
in die donker wonder sy
sou sy haar kon bevry
sou sy harder kon baklei
te midde die sterkte van sy drang
die skuldlas lê swaar op haar skouer
die oopte in haar keel word nouer
terwyl haar vel verander van warm na kouer
‘ek het nee gesê’ dink sy bang
‘ek kon harder baklei het!’
‘ek kon hom skop op die bed!’
maar die een drankie het haar dit belet
Jackie de Klerk
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek